
Verbruikerslede wat aan die Groepbegrafnisversekering deelneem en enige gesinslede, dit wil sê die verbruikerslid se gade en/of enige minderjarige, ongetroude kinders (stief- en wettig aangenome kinders ingeslote) kom vir die versekering in aanmerking.
Sterftevoordele
By dood van 'n deelnemer sal Metropolitan Lewens die koste van 'n begrafnis of verassingsdiens tot die volgende maksimum bedrae of 'n gelykwaardige kontantbedrag betaal.
| Standaard Premie (maandeliks) | R15.60 | R20.40 | R28.60 | R40.80 | R62.00 |
| Dekking by dood van: | |||||
| Hooflid, gade, kinders 15 tot 20 jaar | R4000 | R5000 | R7000 | R10000 | R15000 |
| Kinders 6 tot 14 jaar | R2000 | R2500 | R3500 | R5000 | R7500 |
| Kinders onder 6 jaar (ook doodgebore) | R1000 | R1250 | R1750 | R2500 | R3750 |
Daar is geen beperkings op die grootte van die gesin nie. Indien daar oorlewende gesinslede is by dood van 'n hooflid sal 'n volopbetaalde begrafnispolis uitgereik word wat die gesin en enige kinders wat na die hooflid se dood vir die hooflid gebore word sal voorsien van dieselfde voordele by hulle dood as wat ingevolge die skema op hulle van toeapassing sou gewees het.
Ongeluksvoordele
Indien die afsterwe van 'n deelnemer, wat by dood minstens 14 jaar oud is, die gevolg van 'n ongeluk is, word die begrafnisvoordeel betaalbaar volgens die tabel hierbo, verdubbel. Die ongeluksvoordeel staak by ouderdom 65.
Ongeskiktheidsvoordele
Indien 'n hooflid geheel en al permanent ongeskik raak om enige beroep voor bereiking van ouderdom 60 te beoefen, word die hooflid en sy gesin geregtig op 'n volopbetaalde begrafnispolis. Dit sal hulle by dood van dieselfde voordele voorsien as wat ingevolge hierdie skema op hulle van toepassing sou gewees het. Dit geld nie vir 'n hooflid met minder as een jaar se lidmaatskap nie. Tensy ongeskiktheid deur 'n ongeluk veroorsaak word.
Sterftevoordele
By dood van 'n deelnemer sal Metropolitan Lewens die koste van 'n begrafnis of verassingsdiens tot die volgende maksimum bedrae of 'n gelykwaardige kontantbedrag betaal.
| Standaard Premie (maandeliks) | R7.00 | R9.20 | R12.90 | R18.40 | R27.90 |
| Dekking by dood van: | |||||
| Enkellopende | R4000 | R5000 | R7000 | R10000 | R15000 |
Ongeluksvoordeel
Indien die afsterwe van 'n lid die gevolg van 'n ongeluk is, word die begrafnisvoordeel betaalbaar volgens die tabel hierbo, verdubbel. Die ongeluksvoordeel staak by ouderdom 65.
Ongeskiktheidsvoordeel
Indien 'n lid geheel en al permanent ongeskik raak om enige beroep voor bereiking van ouderdom 60 te beoefen, word die lid geregtig op 'n volopbetaalde begrafnispolis. Dit sal hom/haar by dood van dieselfde voordele voorsien as wat ingevolge hierdie skema op hom/haar van toepassing sou gewees het. Dit geld nie vir 'n lid met minder as een jaar se lidmaatskap nie. Tensy ongeskiktheid deur 'n ongeluk veroorsaak word.
'n Lid kan sy voordeel aanpas deur skriftelik enige van die beskikbare voordeelkategorieë te kies. Die volgende voorwaardes en bepalings sal van toepassing wees:
Premies
Die premies is maandeliks betaalbaar en sal deur Koopkrag Beperk aan Metropolitan Lewens oorbetaal word.
© Koopkrag ..........................................................................................Webwerf ontwerp deur o5webdesign