Groepsversekering (METROPOLITAN LEWENS BEPERK)

 

Alleenlik vir aansoekers onder die ouderdom van 54 jaar

Premie R5.05 per maand per persoon

 

Ek stem toe dat 'n maandelikse premie by my rekening gevoeg word en onderneem om hierdie premie te betaal solank ek lid is van Koopkrag Beperk of tot op die ouderdom van 70 jaar. Hiervoor sal ek die volgende voordeel van Koopkrag Beperk ontvang, mits die premie ten volle betaal is. By afsterwe sal Koopkrag Beperk die versekerde bedrag aan die naasbestaandes of aan die eksekuteur van die boedel oorbetaal by die geregistreerde kantoor van Koopkrag Beperk, met dien verstande dat indien by afsterwe 'n balans aan Koopkrag Beperk direk of indirek verskuldig is, die verskuldigde bedrag teen die versekerde bedrag verreken mag word en enige oorskotte aan die eksekuteur van die boedel oorbetaal sal word. Die versekerde bedrag word bepaal volgens die onderstaande tabel.

 

Dit is 'n voorwaarde van enige betaling deur my gemaak dat:

  1. Enige gelde van my ontvang, word eerstens aan my aankooprekening toegedeel en premies word alleenlik geag betaal te wees indien die volle bedrag van die rekening vereffen is.
  1. Indien my lidmaatskap op enige wyse beƫindig word, sal ek geen vergoeding vir inbetaalde premies ontvang nie.
  1. Metropolitan Lewens Beperk het die reg om onderstaande premietariewe en voorwaardes te verander.

Die lewensdekking vir 'n premie van R5.05 per maand wat een eenheid verteenwoordig is tans soos volg:

 

Ouderdom van Deelnemer/Gade soos op datum van dood < 30 30-39 40-49 50-59 60-69 70+
Voordeel in rand per eenheid R12000 R10000 R7000 R4000 R2000 R1000

  

 

 

© Koopkrag ..........................................................................................Webwerf ontwerp deur o5webdesign