Koopkrag bied die volgende aan sy verbruikerslede:

  • BONUS Ons verbruikerslede verdien bonus op aankope wat hulle met die koopkaart maak, mits die volle rekening betaal is op die derde van elke maand. Petrol aankope kwalifiseer ongelukkig nie vir bonusdoeleindes nie. Daar is twee kategorieĆ« waarvolgens ons bonus betaal:
    • Santam versekering (7.0% in 2006).
    • Gewone aankope (4.15% in 2006).
    Die bonus word teen u rekening gekrediteer in Desember wat dan vir u meer kontant in die sak beteken oor die Feestyd!!
  • GERIEF Ons kaart beskik oor al die veiligheidseienskappe van Kredietkaarte. U kan selfs tydens vakansie by die see u kaart gebruik. Groot kettingwinkels soos SHOPRITE, CHECKERS, CHECKERS HYPER, TRADE CENTRE, DION, GAME, ACKERMANS, WOOLWORTHS, TIGER WHEEL & TYRE, OK Furn, BATA & meeste van PEP se winkels aanvaar die Koopkrag kaart landwyd. U het ook die voordeel dat u elke maand slegs een rekening ontvang om te betaal.
  • BEGROTINGSPLAN 'n Begrotingsplan is beskikbaar vir duurder items met 'n afbetalingstermyn van drie tot vier en twintig maande. Die fasiliteit is op versoek beskikbaar.
  • BEGRAFNISVERSEKERING (Slegs vir aansoekers onder 60 jaar)

 

POLIS VIR GESIN
Standaard Premie per maand R15.60 R20.40 R28.60 R40.80 R62.00
Dekking by dood van:
Hooflid, Gade & kinders 15 tot 20 jaar R4000 R5000 R7000 R10000 R15000
Kinders 6 tot 14 jaar R2000 R2500 R3500 R5000 R7500
Kinders onder 6 jaar(Ook doodgebore) R1000 R1250 R1750 R2500 R3750

 

POLIS VIR ENKELLOPENDE
Standaard Premie per maand R7.00 R9.20 R12.90 R18.40 R27.90
Dekking by dood van:
Enkel persoon R4000 R5000 R7000 R10000 R15000
  • GROEPSLEWENSVERSEKERING (Slegs vir aansoekers onder 54 jaar) Die skema bied lewensdekking aan die verbruikerslid vir die gedeeltelike of algehele vereffening van sy rekening by afsterwe. Enige krediete wat hieruit ontstaan is beskikbaar aan die gade. Die premie is R5-05 per maand per eenheid.

 

Ouderdom by afsterwe < 30 30-39 40-49 50-59 60-69 70+
Voordeel in Rand per eenheid R12000 R10000 R7000 R4000 R2000 R1000

  • PERSOONLIKE LENINGS Beskikbaar aan verbruikerslede teen uiters mededingende rentekoerse.
  • HUURKOPE Deur hiervan gebruik te maak kan u die motor van u drome teen uiters bekostigbare rentekoerse bekom. U kan ook meubels, karavane ens. deur middel van die fasiliteit bekom.
  • SANTAM KORTTERMYNVERSEKERING Vir 'n gratis kwotasie skakel gerus ons Santam Afdeling by (012) 348-4404. Nie alleenlik is die premie bekostigbaar nie maar u verdien boonop BONUS daarop ongeag u eise geskiedenis.

 

© Koopkrag ..........................................................................................Webwerf ontwerp deur o5webdesign