Kaartbeveiligingsfonds

 

  1. Die beskerming onder hierdie skema tree in werking vir twaalf maande nadat die premie deur die verbruikerslid aan Koopkrag Beperk betaal is.

    1. Die geregistreerde verbruikerslid is verantwoordelik vir die veilige bewaring en behoorlike gebruik van al die uitgereikte kaarte op sy/haar rekeningnommer en moet alle redelike voorsorg tref om te verhoed dat enigiemand anders die kaart(e) ongemagtig gebruik.

    1. Indien 'n kaart verlore raak, gesteel of vermis word, of ongemagtig gebruik word of indien die kaarthouer glo of rede het om te vermoed dat enige van die voormelde Gebeure (die Gebeure) plaasgevind het, moet die kaarthouer of die geregistreerde verbruikerslid, Koopkrag se Kaartafdeling onmiddellik van sodanige gebeure in kennis stel. Sodanige kennisgewing moet binne 7 dae vanaf die aanvanklike kennisgewing skriftelik bevestig en deur Koopkrag Beperk se Kaartafdeling ontvang word.Telefoonnommers wat te alle ure geskakel kan word in verband met hierdie aangeleentheid sal op die maandelikse rekeningstate aan lede verstrek word.

    1. Indien enige van "die Gebeure" sou plaasvind sal die geregistreerde verbruikerslid verantwoordelik en aanspreeklik wees vir enige betalings deur Koopkrag Beperk gemaak ten opsigte van enige aankope en/of transaksies aangegaan met die betrokke Koopkrag aankoopkaart voordat Koopkrag Beperk kennis ontvang het in terme van en in ooreenstemming met Klousule 1.2.

    1. Die geregistreerde verbruikerslid sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies as gevolg van betalings deur Koopkrag Beperk gemaak ten opsigte van enige aankope en/of transaksies gedoen of gemaak met die kaart nadat voldoen is aan die vereistes van Klousule 1.2 en 1.3 nie, mits die kaarthouers beskerming geniet kragtens Koopkrag Beperk se Kaartbeskermingskema.

  2. 'n Verbruikerslid of die kaarthouer sal verplig wees om 'n beëdigde verklaring in verband met die diefstal/verlies van die aankoopkaart by Koopkrag Beperk se Kaartafdeling in te handig en om aan enige ander redelike vereistes wat Koopkrag Beperk mag stel, te voldoen.
  1. Indien ongemagtigde aankope op die verbruikerslid of die kaarthouer se aankoopkaart gedoen is, is die onus op die verbruikerslid om sodanige ongemagtigde aankope te identifiseer en na skakeling met die betrokke Leweransier(s) voldoende bewys aan Koopkrag te lewer dat die aankope inderdaad ongemagtig was.
  1. Geen beskerming sal aan 'n verbruikerslid gebied word indien die verlies van die aankoopkaart aan opset of growwe nalatigheid van die kaarthouer toegeskryf kan word nie.
  1. Die premie is R12.00 per kaart per jaar.

 

 

© Koopkrag ..........................................................................................Webwerf ontwerp deur o5webdesign