Voorwaardes van Lidmaatskap:

  1. ADMINISTRASIE FOOI & BYDRAES
    1. 'n Administrasiefooi van R3.50 per maand of 'n fooi soos van tyd tot tyd bepaal en premies t.o.v. Groep- en Begrafnisversekering is maandeliks betaalbaar. Kaarttransaksies is onderhewig aan 'n fooi per transaksie (soos van tyd tot tyd bepaal) en is maandeliks betaalbaar.
    1. Maandelikse bydraes tot die waarborgfonds van verbruikerslede is verpligtend.Hierdie fonds kan aangewend word vir die verrekenig van bedrae verskuldig deur die lid aan Koopkrag Beperk.
    2. Deelname aan die Begrafnis- en Groepsversekering is opsioneel.

     

  2. GEBRUIK VAN KAART

    Die gebruik van 'n Koopkragkaart is onderhewig aan die voorwaardes hierin vervat:

    1. Die gebruik van die kaart word beperk tot die kaarthouers (die verbruikerslid en die persone aan wie addisionele kaarte op versoek van die verbruikerslid uitgereik is). Die verbruikerslid is verantwoordelik vir die betaling van die aankope gemaak met enige van die kaarte wat ten aansien van sy rekening uitgereik is.
    2. Die kaarthouer moet die kaart by ontvangs in die toepaslike ruimte met 'n balpuntpen onderteken.
    3. Die kaart bly die eiendom van Koopkrag Beperk en die verbruikerslid moet enige kaart wat op sy versoek op sy rekening uitgereik is op aanvraag aan Koopkrag Beperk terugbesorg.
    4. Die kaarthouer mag nie afstand doen van enige van sy regte of verpligtinge ten opsigte van die kaart en/of die gebruik daarvan of dit oordra nie.
    5. Die goedgekeurde maandelikse aankooplimiet mag nie sonder Koopkrag Beperk se toestemming oorskry word nie. Indien die limiet bedrag egter oorskry word, is 'n verbruikerslid nogtans aanspreeklik teenoor Koopkrag Beperk en sal 'n koste van R15.00 of 'n fooi soos van tyd tot tyd bepaal gehef word.

  3. BESKERMING VAN KAART
    1. Die verbruikerslid moet voorsorgmaatreëls tref ten einde verlies en/of diefstal van die kaart(e) wat op sy rekening uitgereik is te verhoed.
    2. By verlies of diefstal van die kaart of die gebruik van die kaart deur 'n ongemagtigde persoon of indien die verbruikerslid enige rede het om te vermoed dat enige van die bovermelde gebeurtenisse plaasgevind het, moet die verbruikerslid Koopkrag Beperk onmiddellik daarvan in kennis stel. Indien kennisgewing mondeliks geskied kan Koopkrag Beperk vereis dat sodanige kennisgewing skriftelik bekragtig word alvorens 'n vervangende kaart uitgereik kan word.

  4. VERLORE KAART BESKERMING
    1. Die verbruikerslid bevestig dat hy bewus is dat Koopkrag Beperk 'n aankoopkaartbeveiligingsfonds aanbied ingeval 'n kaart verlore of gesteel raak en dat hy skriftelik moet aansoek doen vir beskerming onder die aankoopkaartbeveiligingsfonds.
    2. In terme van Koopkrag Beperk se beskermingskema, aanvaar die verbruikerslid dat hy teenoor Koopkrag Beperk aanspreeklik sal wees vir enige betalings wat deur Koopkrag Beperk gedoen is of wat Koopkrag Beperk verplig is om te doen ten opsigte van/of voortspruitend uit enige gebruik van die kaart voordat Koopkrag Beperk redelikerwys instaat is om op te tree na aanleiding van die kennisgewing of voor ontvangs van die skriftelike bekragtiging soos verwys in klousule 3.2. Die verbruikerslid erken verder dat die aanspeeklikheid vir verliese wat gely is as gevolg van opsetlike gedrag of nalatigheid van die verbruikerslid, nie die verbruikerslid as gevolg van kennisgewing, van aanspreeklikheid onthef nie.

  5. BEWYSE EN MAGTIGING OM VERBRUIKERSLEDE SE REKENING TE DEBITEER
    1. Behoedens klousule 3.2 en 4 sal die verbruikerslid teenoor Koopkrag Beperk aanspreeklik wees vir alle betalings wat deur Koopkrag Beperk gedoen is of wat Koopkrag Beperk verplig is om te doen voortspruitend uit aankope gedoen by wyse van die kaart ongeag of die betrokke bewyse deur die verbruikerslid en/of kaarthouer onderteken is of nie.
    2. Die verbruikerslid moet 'n terugbetalingsbewys ten opsigte van elke terugbetaling wat deur 'n leweransier toegestaan word, onderteken by elke toepaslike geleentheid wanneer die kaart gebruik is. Deur die ondertekening van sodanige bewys bekragtig die verbruikerslid dat die inligting daarin vervat korrek is.
    3. Behoudens klousule 3.2 en 4 magtig die verbruikerslid Koopkrag Beperk onherroeplik om vir enige aankope gedoen by wyse van die kaart te betaal en om die betrokke bedrag te debiteer teen die verbruikerslid se rekening.

  6. EISE EN GESKILLE
    1. Koopkrag Beperk se reg om betaling van die verbruikerslid te ontvang word geensins beïnvloed in geval van enige eise of geskille tussen die verbruikerslid en die Leweransier oor enige goedere of dienste wat van die Leweransier verkry word nie, aangesien die verbruikerslid erken dat geen Leweransier 'n agent van Koopkrag Beperk is nie.
    2. Die verbruikerslid sal nie geregtig wees om enige betaling deur Koopkrag Beperk gedoen of wat gedoen moet word ten opsigte van enige transaksie aangegaan deur die gebruik van die kaart, terug te eis nie.

  7. RENTE & HEFFINGS
    1. Die verbruikerslid is teenoor Koopkrag Beperk aanspreeklik vir betaling van rente op enige agterstallige bedrae welke rentekoers van tyd tot tyd deur die Direksie van Koopkrag Beperk bepaal sal word en maandeliks teen die verbruikerslid se rekening gedebiteer sal word.
    2. Indien 'n betaling na die 3de dag, of so 'n dag as wat van tyd tot tyd bepaal word, van die ter sake maand ontvang word, en onderhewig aan die bepalings van paragraaf 8.1 hiervan, tree die volgende bepalings in werking:
      1. Koopkrag Beperk is geregtig om 1.67% rente, of so 'n ander persentasie waarop Koopkrag Beperk kan besluit, per maand of per gedeelte van 'n maand maandeliks agteruit by te voeg by die saldo van maand tot maand.
      2. Nieteenstaande sub-paragraaf (a), word rekeninge wat aan prokureurs oorhandig word vir invordering, met rente teen 20% per jaar, of so 'n ander persentasie waarop Koopkrag Beperk kan besluit, gedebiteer.
    3. Indien 'n verbruikerslid se koopfasiliteite weens nie-betaling of ander ongerymdhede gekanselleer word, verbeur so 'n verbruikerslid alle bonusvoordele wat reeds aan die verbruikerslid toegeval het of nie.

  8. MAANDSTATE EN BETALINGS
    1. Koopkragrekenings mag nie later nie as die 3de, of so 'n dag as wat van tyd tot tyd bepaal word, van die maand volgende op die maand wat genoemde rekening gedateer is per debietorder of by ons kantoor of aan 'n gemagtigde kollektant betaal word nie. Betalings wat na die 3de dag, of so 'n dag wat van tyd tot tyd bepaal word, van elke maand ontvang word, kwalifiseer nie vir bonusdoeleindes nie, met dien verstande dat 'n betaling wat per pos gedoen word en wat ontvang word na die 3de dag, of so 'n dag wat van tyd tot tyd bepaal word, van die ter sake maand wel kwalifiseer vir bonusdoeleindes indien die posstempel aantoon dat die stuk voor of op die 1ste dag, of so 'n dag as wat van tyd tot tyd bepaal word, van die betrokke maand gepos is.
    2. Die verbruikerslid moet enige navraag aangaande die korrektheid van die rekeningstaat, skriftelik by Koopkrag Beperk doen, binne 30 dae vanaf die datum van die staat, by gebreke waarvan die verbruikerslid geen eis hoegenaamd ten opsigte daarvan sal hê nie.
    3. Enige verslapping, toegewing of tydsverlening wat deur Koopkrag Beperk aan die verbruikerslid toegestaan word, word nie geag 'n novasie of afstanddoening van Koopkrag Beperk se regte ingevolge hierdie gebruiksvoorwaardes uit te maak nie en dit sal ook nie aanleiding gee op die uitwerking van ESTOPPEL teenoor Koopkrag Beperk nie.

  9. AFSTANDDOENING
    1. Die verbruikerslid, borg, gemagtigde gebruiker(s) en/of benoemde doen hiermee afstand van die voordele van die regseksepsies van uitwinning, verdeling, sessie van aksie, non cause debiti, geen waarde ontvang, hersiening van rekenings de duabus vel pluribus reis debendi asook enige verdere eksepsies wat ter verdeling gepleit mag word of kan word en die verbruikerslid, borg, gemagtigde gebruiker en/of benoemde erken dat hy/hulle ten volle op hoogte is met die betekenis en effek van voormelde eksepsies.
    2. In geval dit vir Koopkrag Beperk nodig word om 'n rekening van 'n verbruikerslid weens wanbetaling of enige ander rede vir invordering aan prokureurs te oorhandig, dan geld die volgende bepalings:
      1. Indien daar enige hofgeding ontstaan uit hierdie ooreenkoms, stem die verbruikerslid toe tot die jurisdiksie van die betrokke landdroshof, ongeag die bedrag betrokke en sal die verbruikerslid verantwoordelik wees vir alle regsonkoste, insluitende prokureur- en kliëntefooie, asook die opsporingskoste en vooruitberekende administrasiekoste van 10% op die volle verskuldigde bedrag by oorhandiging aan die prokureurs.
      2. Skriftelike kennisgewing vir die ooreenkoms beteken 'n kennisgewing wat deur die verbruikerslid persoonlik of per geregistreerde pos of faks aan Koopkrag Beperk gelewer is.

  10. INTREKKING EN BEËINDIGING
    1. Koopkrag Beperk mag te enige tyd in sy uitsluitlike diskressie en sonder om 'n opgawe en enige redes te verstrek die kaart(e) terugtrek of die kaartfasiliteit herroep of die aankooplimiet van toepassing op die kaart verlaag of weier om enige verdere debiete op die verbruikerslid se rekening toe te staan en te eis dat die verbruikerslid die kaart aan Koopkrag Beperk teruglewer. Die totale uitstaande saldo op die kaartrekening word onmiddellik opeisbaar wanneer die kaartfasiliteit deur Koopkrag Beperk herroep word.
    2. Enige reiskoste verbonde aan die terugname van 'n kaart as gevolg van kontrakbreuk deur die verbruikerslid, is van die betrokke verbruikerslid verhaalbaar teen R1.60 per kilometer, of so 'n fooi as wat van tyd tot tyd bepaal sal word, gereis.

  11. ADRES
    1. Hierin vermelde adres word gekies as DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI en enige adresverandering moet skriftelik gedoen word.
    2. Indien toepaslik, stem ek hiermee, soos bedoel in Artikel 65J(2) van die Wet op Landdroshowe, Wet Nr 43 van 1944 toe tot 'n besoldigingsbeslagbevel en die inwerktreding daarvan op 'n bedrag soos vroeër in hierdie dokument onderneem, welke bedrag direk van my salaris afgetrek kan word en aan die eiser se prokureur verreken word.
    3. In die geval van getroude persone waar 'n rekening in die naam van albei gades geopen word, sal die gades gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik wees vir die betaling van die rekening.

 

© Koopkrag ..........................................................................................Webwerf ontwerp deur o5webdesign