Om die vorm in pdf formaat af te laai en te druk :- klik hier

 

AANSOEK: KOOPKRAGKAART

 

Die volgende dokumente moet vir beide die kredietopnemer en meegaande kredietopnemer tesame met die aansoekvorm ingedien word:

  1. Nuutste bewys van inkomste bv. Salarisstaat, Pensioenstaat, Bankstate, Finansiële State
  2. Afskrif van identiteitsdokument
  3. Bevestiging van woonadres nie ouer as 3 maande nie.

KREDIETGEWER BESONDERHEDE

KOOPKRAG BEPERK Registrasienommer 1938/011150/06

RODERICKSWEG 433, LYNNWOOD, PRETORIA

 

Registrasienommer Nasionale Kredietreguleerder: Finansiële Diensverskaffer nommer: 2763

 

KREDIETOPNEMER BESONDERHEDE
Titel
Noemnaam
Van
Voorname
Identiteits Nommer
Taalvoorkeur :-
Engels
Afrikaans
Aantal afhanklikes
 
Huwelikstatus
Binne gemeenskap
Buite gemeenskap
Geskei
Enkellopend
Weduwee/Wewenaar
Woonadres
Pos adres
Kode
Kode
Tel no (H) ( )
Faks no ( )
Selfoon nommer
E-pos adres
Werkgewer
Beroep / Ampstitel
Werksadres
Tel no (W) ( )
Jare diens
J
M
Permanent
Tydelik
Kontrak

 

MEEGAANDE KREDIETOPNEMER BESONDERHEDE
Titel
Noemnaam
V an
Voorname
Identiteitsnommer
Werkgewer
Beroep / Ampstitel
Werksadres
Tel no (W) ( )
Jare diens
J
M
Permanent
Tydelik
Kontrak
Selfoon nommer
E-pos adres

 

BESONDERHEDE : TWEE FAMILIELEDE (wat nie by u inwoon nie)
Titel
Voorletter
Titel
Voorletters
Van
Van
Woon adres
Woonadres
Verwantskap
Verwantskap
Selfoon nommer
Selfoon nommer
Tel No (W)
Tel No (W)

 

KREDIETWAARDIGHEIDSBEPALING

NETTO MAANDELIKSE INKOMSTE

MAANDELIKSE UITGAWES
Kredietopnemer
R
Verband paaemente
R
Meegaande Kredietopnemer
R
Voertuig / Huurkoop / AVT paaiemente
R
Ander inkomste (spesifiseer asb) :-
Kredietkaart paaiemente
R
1.
R
Skoolfooie R
2.
R
Versekering
R
3.
R
Mediesefonds Bydraes
R
 
Pensioenfonds Bydraes
R
Polisse
R
Kruideniersware
R
Selfone
R
Telkom Rekening
R
Huur
R
DSTV/Mnet
R
Munisipale Rekeninge
R
Brandstof
R
Ander Uitgawes
R
TOTALE INKOMSTE
R
TOTALE UITGAWES
R

 

BATES
LASTE

Geregistreerde eienaar van eiendom

     
Self
BK
 
Trust
Ander
     
Geregistreer in naam van
Verband balans
R
Vaste eiendom (markwaarde)
R
Lenings balans
R
Meubels
R
Oortrokke fasiliteit balans
R
Voertuie
R
Bate finansiering
R
Beleggings
R
Borgskappe
R
Ander bates - spesifiseer
Ander krediet fasiliteite - spesifiseer
1.
R
1.
R
2.
R
2.
R
3.
R
3.
R
           
TOTALE BATE WAARDE
R
TOTALE LASTE
R

 

ANDER KREDIET FASILITEITE
.....Kredietverskaffer
..Rekening nommer
....Maandelikse paaiement
...Fasiliteit toegestaan
1.
R
R
2.
R
R
3.
R
R
4.
R
R

 

KREDIETOPNEMER BANKBESONDERHEDE - BETALING PER DEBIETORDER
Bank
Tak
Tjekrekening
Spaarrekening
 
Rekening nommer
Ek magtig die betaling van my rekening per debietorder en wel op
27
28
1
2
 

 

AASOEK OM KREDIETFASILITEIT
Dui die toepaslike fasiliteit waarvoor aansoek gedoen word deur die toepaslike blokkie te merk
 

 

  Limiet verlang
1. Koopkrag kaart: OOP REKENING (MAANDELIKSE LIMIET)
R
2. Koopkrag kaart: BEGROTINGS REKENING (LIMIET)
R

 

KAARTGEBRUIKERS
Die volgende persone word gemagtig om die Koopkragkaart te gebruik:
Kredietopnemer
Meegaande kredietopnemer
Ander
Ander

 

BEMARKING
Waar het u van Koopkrag verneem?
Is of was u ‘n lid van ‘n ander Koopvereniging?
Ja
Nee
 
Indien wel, die naam van die vereniging:
Rekening nommer
U kan by die volgende bemarkingsaksies ingesluit word. Merk asb Ja of Nee
 
JA
NEE
1. E-pos boodskappe
2. SMS boodskappe
3. Telefoonbemarking
(Dit is die kredietgewer se beleid om nie kliëntelyste te verkoop of te versprei nie)

 

REKENINGOPSIES
U kan by die volgende rekeningopsies ingesluit word. Merk asb Ja of Nee
JA
NEE
1. Wil U graag U maandelikse rekening per e – pos ontvang?
(U benodig Adobe Acrobat Reader 5.4 of hoër op u rekenaar)
2. Wil U graag oorweeg word vir die jaarlikse outomatiese verhoging van aankooplimiete?

 

AANVAARDING VAN OPSIONELE KOSTES
Die kredietopnemer bevestig dat, alhoewel die onderstaande koste opsioneel is, dit by sy/haar rekening gevoeg kan word. Merk asb JA of NEE
 
JA
NEE
1. Kaartbeskermingsfonds premie – verwys klousule 11 hiervan (jaarlikse premie)
2. Groepsversekering premie – verwys klousule 13 hiervan (maandelikse premie)
3. Begrafnisversekering – verwys klousule 14 – 16 hiervan (maandelikse premie)

 

WYSE VAN TERUGBETALING
  1. Rekeninge deur die kredietgewer gelewer mag nie later nie as die 3de, of so ‘n dag as wat van tyd tot tyd bepaal word, van die maand volgende op die maand wat genoemde rekening gedateer is per debietorder of by die kredietgewer se kantoor of aan ‘n gemagtigde kollektant betaal word nie.

  2. Betalings wat na die 3de dag, of so ‘n dag wat van tyd tot tyd bepaal word, van elke maand ontvang word, kwalifiseer nie vir bonusdoeleindes nie, met dien verstande dat ‘n betaling wat  per pos gedoen word en wat ontvang word na die 3de dag, of so ‘n dag as wat van tyd tot tyd bepaal word, van die ter sake maand wel kwalifiseer vir bonusdoeleindes indien die posstempel aantoon dat die stuk voor of op die 1ste dag, of so ‘n dag as wat van tyd tot tyd bepaal word,van die betrokke maand gepos is..

  3. Die kredietopnemer moet enige navraag aangaande die korrektheid van die rekeningstaat, skriftelik by die kredietgewer doen, binne 30 dae vanaf die datum van die staat, by gebreke waarvan die kredietopnemer geen eis hoegenaamd ten opsigte daarvan sal hê nie.

  4. Enige verslapping, toegewing of tydverlenging wat deur die kredietgewer aan die kredietopnemer toegestaan word, word nie geag ‘n novasie of afstanddoening van die kredietgewer se regte ingevolge hierdie gebruiksvoorwaardes uit te maak nie en dit sal ook nie aanleiding gee op die uitwerking van ESTOPPEL (waar die kredietnemer beweer dat hy op ‘n wanvoorstelling gekontrakteer het en sodoende skade gelei het en voorts die kredietgewer by sodanige wanvoorstelling wil hou) teenoor die kredietgewer nie.

  5. Betalings deur die kredietopnemer gemaak word as volg toegedeel:

    a)  Eerstens ten opsigte van vereffening van die administrasiefooi, die premies vir groep, begrafnis en waarborgfondsversekering;
    b)  Tweedens ten opsigte van vereffening van die aankooptransaksies hetsy vir die oop rekening en/of die begrotingsrekening;
    c)  Derdens ten opsigte van vereffening van die korttermynversekeringpremies op die kredietopnemer se rekening gehef;
    d)  Laastens ten opsigte van vereffening van die huurkoop en leningspaaiemente..

 

TERME EN VOORWAARDES VAN OOREENKOMS

1. ADMINISTRASIEFOOI EN BYDRAES

  1. ‘n Administrasiefooi van R3.50 per maand of ‘n fooi soos van tyd tot tyd bepaal en premies t.o.v. Groep- en Begrafnisversekering is maandeliks betaalbaar deur die kredietopnemer. Kaarttransaksies is onderhewig aan ‘n fooi per transaksie (soos van tyd tot tyd bepaal) en is maandeliks betaalbaar.
  2. Maandelikse bydraes tot die waarborgfonds van verbruikerslede is verpligtend en hierdie fonds kan aangewend word vir die verrekening van bedrae verskuldig deur die kredietopnemer aan die kredietgewer.
  3. Deelname aan die Begrafnis- en Groepversekering is opsioneel.

2. GEBRUIK VAN KAART

2.1 Die gebruik van ‘n Koopkragkaart is onderhewig aan die voorwaardes hierin vervat:
  1. Die gebruik van die kaart word beperk tot die kaarthouers (die kredietopnemer en die persone aan wie addisionele kaarte op versoek van die kredietopnemer uitgereik is). Die kredietopnemer is verantwoordelik vir die aankope wat op enige van die kaarte wat ten aansien van sy rekening uitgereik is, gemaak word.
  2. Die kaarthouer moet die kaart by ontvangs in die toepaslike ruimte met ‘n balpuntpen onderteken.
  3. Die kaart bly die eiendom van die kredietgewer en die kredietopnemer moet enige kaart wat op sy versoek op sy rekening uitgereik is op aanvraag aan die kredietgewer terugbesorg.
  4. Die kaarthouer mag nie afstand doen van enige van sy regte of verpligtinge ten opsigte van die kaart en/of die gebruik daarvan of dit oordra nie.
  5. Die goedgekeurde maandelikse aankooplimiet mag nie sonder die kredietgewer se toestemming oorskry word nie. Indien die limiet bedrag egter oorskry word, is die kredietopnemer nogtans aanspreeklik teenoor die kredietgewer en sal ‘n koste van R15.00 of ‘n fooi soos van tyd tot tyd bepaal gehef word

3. BESKERMING VAN KAART

  1. Die kredietopnemer moet voorsorgmaatreëls tref ten einde verlies en/of diefstal van die kaart(e) wat op sy rekening uitgereik is te verhoed.
  2. By verlies of diefstal van die kaart of die gebruik van die kaart deur ‘n ongemagtigde persoon of indien die kredietopnemer enige rede het om te vermoed dat enige van die bovermelde gebeurtenisse plaasgevind het, moet die kredietopnemer vir die kredietgewer onmiddellik daarvan in kennis stel. Indien kennisgewing mondeliks geskied kan die kredietgewer vereis dat sodanige kennisgewing skriftelik bekragtig word alvorens ‘n vervangende kaart uitgereik kan word

4. VERLORE KAART BESKERMING

  1. Die kredietopnemer bevestig dat hy bewus is dat die kredietgewer ‘n aankoopkaartbeveiligingsfonds aanbied ingeval ‘n kaart verlore of gesteel raak en dat hy skriftelik moet aansoek doen vir beskerming onder die aankoopkaartbeveiligingsfonds.

  2. In terme van die kredietgewer se beskermingskema aanvaar die kredietopnemer dat hy teenoor die kredietgewer aanspreeklik sal wees vir enige betalings wat deur die kredietgewer gedoen is of wat die kredietgewer verplig is om te doen ten opsigte van/of voortspruitend uit enige gebruik van die kaart voordat die kredietgewer redelikerwys instaat is om op te tree na aanleiding van die kennisgewing of voor ontvangs van die skriftelike bekragtiging soos na verwys in klousule 3.2.

  3. Die kredietopnemer erken verder dat die aanspreeklikheid vir verliese wat gely is as gevolg van opsetlike gedrag of nalatigheid van die kredietopnemer, nie die kredietopnemer as gevolg van die kennisgewing, van aanspreeklikheid onthef nie.

5. BEWYSE EN MAGTIGING OM VERBRUIKERSLEDE SE REKENING TE DEBITEER

  1. Behoudens klousule 3.2 en 4 sal die kredietopnemer teenoor die kredietgewer aanspreeklik wees vir alle betalings wat deur die kredietgewer gedoen is of wat die kredietgewer verplig is om te doen voortspruitend uit aankope gedoen by wyse van die kaart ongeag of die betrokke bewyse deur die kredietopnemer en/of kaarthouer onderteken is of nie.

  2. Die kredietopnemer moet ‘n terugbetalingsbewys ten opsigte van elke terugbetaling wat deur ‘n leweransier toegestaan word, onderteken by elke toepaslike geleentheid wanneer die kaart gebruik is. Deur die ondertekening van sodanige bewys bekragtig die kredietopnemer dat die inligting daarin vervat korrek is.

  3. Behoudens klousule 3.2 en 4 magtig die kredietopnemer die kredietgewer onherroeplik om vir enige aankope gedoen by wyse van die kaart te betaal en om die betrokke bedrag te debiteer teen die kredietopnemer se rekening.

6. EISE EN GESKILLE

  1. Die kredietgewer se reg om betaling van die kredietopnemer te ontvang word geensins beïnvloed in geval van enige eise of geskille tussen die kredietopnemer en die Leweransier oor enige goedere of dienste wat van die Leweransier verkry word nie, aangesien die kredietopnemer erken dat geen Leweransier ‘n agent van die kredietgewer is nie.
  2. Die kredietopnemer sal nie geregtig wees om enige betaling deur die kredietgewer gedoen of wat gedoen moet word ten opsigte van enige transaksie aangegaan deur die gebruik van die kaart, terug te eis nie.

7. RENTE & HEFFINGS

  1. Die kredietopnemer is teenoor die kredietgewer aanspreeklik vir betalings van rente op enige agterstallige bedrae welke rentekoers van tyd tot tyd deur die Raad van Direkteure van die kredietgewer bepaal sal word en maandeliks teen die kredietopnemer se rekening gedebiteer sal word.

  2. Indien ‘n betaling na die 3de dag, of so ‘n dag as wat van tyd tot tyd bepaal word, van die ter sake maand ontvang word, en onderhewig aan die bepalings van paragraaf 8.1 hiervan, tree die volgende bepalings in werking:

  1. Die kredietgewer is geregtig om 2% rente, of so ‘n ander persentasie waarop die kredietgewer kan besluit, per maand of per gedeelte van ‘n maand maandeliks agteruit by te voeg by die saldo van maand tot maand.

  2. Nieteenstaande sub-paragraaf (a), word rekeninge wat aan prokureurs oorhandig word vir invordering, met rente teen 24% per jaar, of so ‘n ander persentasie waarop die kredietgewer kan besluit, gedebiteer.

iii. Indien die kredietopnemer se koopfasiliteite weens nie- betaling of ander ongerymdhede gekanselleer word, verbeur so ‘n kredietopnemer alle bonusvoordele wat reeds aan die kredietopnemer toegeval het of nie.

8. REGSKOSTES

  1. In geval dit vir die kredietgewer nodig word om ‘n rekening  van die kredietopnemer weens wanbetaling of enige ander rede vir invordering aan prokureurs te oorhandig, dan geld die volgende bepalings:

  1. Die kredietopnemer stem toe tot die Landdroshof Jurisdiksie en sal verantwoordelik wees vir alle regsonkostes, insluitende prokureurs fooie soos op prokureur- en kliënte skaal, invorderingskommissie ingeval van regstappe asook die opsporingskoste en vooruitberekende administrasiekoste van 10% op die volle verskuldigde bedrag by die oorhandiging aan die prokureurs.

  2. Indien daar enige hofgeding ontstaan uit hierdie ooreenkoms, stem die kredietopnemer toe tot die jurisdiksie van die betrokke landdroshof, ongeag die bedrag betrokke. Skriftelike kennisgewing vir die ooreenkoms beteken ‘n kennisgewing wat deur die kredietopnemer persoonlik of per geregistreerde pos of faks aan die kredietgewer gelewer is.

9. INTREKKING EN BEëINDIGING

  1. Die kredietgewer mag te enige tyd in sy uitsluitlike diskressie en sonder om ‘n opgawe en enige redes te verstrek die kaart terugtrek of die kaartfasiliteit herroep of die aankooplimiet van toepassing op die kaart verlaag of weier om enige verdere debiete op die kredietopnemer se rekening toe te staan en te eis dat die kredietopnemer die kaart aan die kredietgewer teruglewer. Die totale uitstaande saldo op die kaart rekening word onmiddellik opeisbaar wanneer die kaartfasiliteit deur die kredietgewer herroep word.
  2. Enige reiskoste verbonde aan die terugname van ‘n kaart as gevolg van kontrakbreuk deur die kredietopnemer, is van die betrokke kredietopnemer verhaalbaar teen R1.60 per kilometer, of so ‘n fooi as wat van tyd tot tyd bepaal sal word, gereis.

10. ADRES

  1. Hierin vermelde adres word gekies as DOMICILIUM CITANDI ET EXECUTANDI (die fisiese woonadres van die kredietopnemer ) en enige adresverandering moet skriftelik gedoen word.

  2. Die kredietopnemer stem toe tot ‘n besoldigingsbevel soos bedoel in Artikel 65J(2) van die Wet op Landdroshowe, Wet Nr 43 van 1944 en die inwerkingtreding daarvan op ‘n bedrag soos vroeër in hierdie dokument onderneem, welke bedrag direk van die kredietopnemer se salaris afgetrek kan word en aan die kredietgewer  se prokureur verreken moet word.

  3. In die geval van getroude persone waar ‘n rekening in die naam van albei gades geopen word, sal die gades gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik wees vir die betaling van die rekening.

11. KAARTBESKERMINGSFONDS VOORWAARDES (OPSIONEEL)

  1. Die beskerming onder hierdie skema tree in werking vir twaalf maande nadat die bedrag, soos genoem in die klousules hiervan, deur die kredietopnemer aan die kredietgewer betaal is.

     

    1. Die kredietopnemer is verantwoordelik vir die veilige bewaring en behoorlike gebruik van al die uitgereikte kaarte op sy/haar rekeningnommer en moet alle redelike voorsorg tref om te verhoed dat enige iemand anders die kaart(e) ongemagtig gebruik.

    2. Indien ‘n kaart verlore raak, gesteel of vermis word, of ongemagtig gebruik word of indien die kaarthouer glo of rede het om te vermoed dat enige van die voormelde Gebeure (die Gebeure) plaasgevind het, moet die kaarthouer of die kredietopnemer, die kredietgewer se Kaartafdeling onmiddellik van sodanige gebeure in kennis stel.  Sodanige kennisgewing moet binne 7 dae vanaf die aanvanklike kennisgewing skriftelik bevestig en deur die kredietgewer se Kaartafdeling ontvang word.  Telefoonnommers wat te alle ure geskakel kan word in verband met hierdie aangeleentheid sal op die maandelikse rekeningstate aan lede verstrek word.

    3. Indien enige van “die Gebeure” sou plaasvind sal die kredietopnemer verantwoordelik en aanspreeklik wees vir enige betalings deur die kredietgewer gemaak ten opsigte van enige aankope en/of transaksies aangegaan met die betrokke aankoopkaart voordat die kredietgewer kennis ontvang het in terme van en in ooreenstemming met Klousule 11.1.2.
  2. Die kredietopnemer sal nie aanspreeklik wees vir enige verlies as gevolg van betalings deur die kredietgewer gemaak ten opsigte van enige aankope en/of transaksies gedoen of gemaak met die aankoopkaart nadat voldoen is aan die vereistes van Klousules 11.1.2 en 11.1.3 nie en mits die kaarthouers beskerming geniet kragtens die kredietgewer se kaartbeskermingskema.

  3. Die kredietopnemer en/of die kaarthouer sal verplig wees om ‘n beëdigde verklaring in verband met die diefstal/verlies van die aankoopkaart by die kredietgewer se Kaartafdeling in te handig en om aan enige ander redelike vereistes wat die kredietgewer mag stel, te voldoen.

  4. Indien ongemagtigde aankope op die kredietopnemer en/of die kaarthouer se aankoopkaart gedoen is, is die onus op die kredietopnemer om sodanige ongemagtigde aankope te identifiseer en na skakeling met die betrokke Leweransier(s) voldoende bewys aan die kredietgewer te lewer dat die aankope inderdaad ongemagtig was.

  5. Geen beskerming sal aan die kredietopnemer gebied word indien die verlies van die aankoopkaart aan opset en/of growwe nalatigheid van die betrokke kaarthouer toegeskryf kan word nie.

  6. Premie R12.00 per kaart per jaar of ‘n ander bedrag soos van tyd tot tyd bepaal.

12 WAARBORGFONDS VAN KREDIETOPNEMERS

  1. Die kredietgewer se waarborgfonds van verbruikerslede is die uitsluitlike eiendom van kredietopnemers en hierdie Fonds is ook onderverdeel sodat elke kredietopnemer se aandeel daarin voortdurend vasgestel is. Rente word jaarliks bereken teen ‘n rentekoers soos deur die kredietgewer bepaal en op rekeninge gekrediteer aan die einde van die kredietgewer se finansiële jaar.

  2. Die krediet van elke kredietopnemer se waarborgfondsrekening word saamgestel uit alle bedrae wat deur kredietopnemer maandeliks tot die waarborgfonds bygedra word.

  3. In geval van die beëindiging van die kredietopnemerlidmaatskap sal die kredietopnemer geregtig wees op die uitbetaling van sy/haar pro-rata aandeel in die waarborgfonds, bereken aan die einde van die boekjaar waarin lidmaatskap beëindig is met dien verstande dat die bedrag nie opeisbaar word binne een jaar na die einde van die betrokke jaar nie en dat teen sodanige eis verreken moet word alle bedrae deur die kredietopnemer aan die kredietgewer in sy hoedanigheid as agent vir die kredietopnemer of in eie hoedanigheid verskuldig mag wees.

  4. Die kredietopnemer magtig die kredietgewer om ‘n minimum bedrag van R20.00 per maand tot die kredietopnemer se Koopkragrekening toe te voeg, welke bedrag maandeliks as krediet in die waarborgfonds ten gunste van die kredietopnemer sal reflekteer.

  5. Hierdie maandelikse bydrae sal gedoen word tot tyd en wyl die krediet in die waarborgfonds van verbruikerslede gelykstaande is aan tweekeer die aankooplimiet wat deur die kredietgewer aan die kredietopnemer toegestaan is.

  6. Die kredietopnemer stem toe dat die kredietgewer geregtig sal wees om van die eerste betaling deur my gedoen in enige maand die vermelde bedrag as my bydrae tot die waarborgfonds te neem.

13. GROEPVERSEKERING: METROPOLITAN LEWENS BEPERK (OPSIONEEL)

(ALLEENLIK VIR AANSOEKERS ONDER DIE OUDERDOM VAN 54 JAAR)

  • Die kredietopnemer stem toe dat ‘n maandelikse premie by sy/haar rekening gevoeg  word en onderneem om hierdie premie te betaal solank die kredietopnemer ‘n kredietfasiliteit by die kredietgewer het of tot op die ouderdom 70, waarna die premie gestaak word en ‘n volopbetaalde polis uitgereik word.
  • By afsterwe van die kredietopnemer sal die kredietgewer die bedrag betaalbaar in terme van die polis aan die naasbestaandes of aan die eksekuteur van die boedel oorbetaal by die geregistreerde kantoor van die kredietgewer, met dien verstande dat indien by afsterwe ‘n balans aan die kredietgewer direk of indirek verskuldig is, die verskuldigde bedrag teen die versekerde polis bedrag verreken mag word en enige oorskotte aan die eksekuteur van die boedel oorbetaal sal word.  Die versekerde bedrag word bepaal volgens die onderstaande tabel.
  • Dit is ‘n voorwaarde van enige betaling deur die kredietopnemer gemaak dat:
    1. Enige gelde van die kredietopnemer ontvang, word eerstens aan die kredietopnemer se aankooprekening toegedeel en premies word alleenlik geag betaal te wees indien die volle bedrag van die rekening  vereffen is.

    2. Indien die kredietopnemer se lidmaatskap op enige wyse beëindig word, sal die kredietopnemer geen vergoeding vir inbetaalde premies ontvang nie.

    3. METROPOLITAN LEWENS BEPERK het die reg om onderstaande premie-tariewe en voorwaardes te verander

• TABEL- die lewensdekking vir ‘n premie van R5.05 per maand wat een eenheid verteenwoordig is tans soos volg:

GROEPVERSEKERING (R5.05 per eenheid)
KREDIETOPNEMER Minimum 1 eenheid  Maksimum  10 eenhede  MEEGAANDE  5 eenhede Maksimum
AANTAL EENHEDE Kredietopnemer Meegaande Kredietopnemer
TOTALE AANTAL EENHEDE VERLANG @ R5,05 PER EENHEID = R

 

Ouderdom van Deelnemer/gade

soos op datum van dood

Onder 30

30-39

40-49

50-59

60-69

70 en ouer

Voordeel in Rand PER EENHEID

R12 000

R10 000

R7 000

R4 000

R2 000

R1 000

 

Ek het die reëls en voorwaardes van bogenoemde groepskema gelees, verstaan en aanvaar dit.

Die premie beloop R per maand soos hierbo deur my bereken.

 

Handtekening Kredietopnemer Handtekening Meegaande Kredietopnemer
(vul asb naam in) (vul asb naam in)

 

 

14. BEGRAFNISVERSEKERING - METROPOLITAN LEWENS BEPERK (OPSIONEEL)

(ALLEENLIK VIR AANSOEKERS ONDER DIE OUDERDOM VAN 60 JAAR)

 

BEGRAFNISPOLIS VIR ‘N GESIN

14.1 Kredietopnemers wat aan die Groepbegrafnisversekering deelneem en enige gesinslede, dit wil sê die kredietopnemer se gade en/of enige minderjarige, ongetroude kinders (stief- en wettig aangenome kinders ingeslote) kom vir die versekering in aanmerking.

 

14.2 Sterftevoordele
By dood van ‘n deelnemer sal Metropolitan Lewens die koste van ‘n begrafnis of verassingsdiens tot die volgende maksimum bedrae of ‘n gelykwaardige kontantbedrag betaal

 

OPSIE

B

C

D

E

F

Standaard Premie per maand

R15.60

R20.40

R28.60

R40.80

R62.00

Dekking by dood van:

Hooflid, Gade, kinders 15 tot 20 jaar

R4 000

R5 000

R7 000

R10 000

R15 000

Kinders 6 tot 14 jaar

R2 000

R2 500

R3 500

R5 000

R7 500

Kinders onder 6 jaar (ook doodgebore)

R1 000

R1 250

R1 750

R2 500

R3 750

 

Daar is geen beperkings op die grootte van die gesin nie. Indien daar oorlewende gesinslede is by dood van die kredietopnemer sal ‘n volopbetaalde begrafnispolis uitgereik word wat die gesin en enige kinders wat na die kredietopnemer se dood vir die kredietopnemer gebore word sal voorsien van dieselfde voordele by hul dood as wat ingevolge die skema op hul van toepassing sou gewees het.


14.3 Ongeluksvoordele

Indien die afsterwe van ‘n deelnemer, wat by dood minstens 14 jaar oud is, die gevolg van ‘n ongeluk is, word die begrafnisvoordeel betaalbaar volgens die tabel hierbo, verdubbel.  Die ongeluksvoordeel staak by ouderdom 65


14.4 Ongeskiktheidsvoordele
Indien die kredietopnemer geheel en al permanent ongeskik raak om enige beroep voor bereiking van ouderdom 60 te beoefen, word die kredietopnemer en sy gesin geregtig op  ‘n volopbetaalde begrafnispolis.  Dit sal hulle by dood van dieselfde voordele voorsien as wat ingevolge hierdie skema op hul van toepassing sou gewees het.  Dit geld nie vir ‘n kredietopnemer met minder as een jaar se lidmaatskap nie.  Tensy ongeskiktheid deur ‘n ongeluk veroorsaak word.

 

BEGRAFNISPOLIS VIR ‘N ENKELLOPENDE

14.5 Sterftevoordele
By dood van ‘n kredietopnemer sal Metropolitan Lewens die koste van ‘n begrafnis of verassingsdiens tot die volgende maksimum bedrae of ‘n gelykwaardige kontantbedrag betaal..

OPSIE

B

C

D

E

F

Standaard Premie per maand

R7.00

R9.20

R12.90

R18.40

R27.90

Dekking by dood van:

Enkellopende

R4 000

R5 000

R7 000

R10 000

R15 000

 

14.6 Ongeluksvoordele

Indien die afsterwe van ‘n kredietopnemer die gevolg van ‘n ongeluk is, word die begrafnisvoordeel betaalbaar volgens die tabel hierbo, verdubbel.  Die ongeluksvoordeel staak by ouderdom 65

.

14.7 Ongeskiktheidsvoordele

Indien ‘n kredietopnemer geheel en al permanent ongeskik raak om enige beroep voor bereiking van ouderdom 60 te beoefen, word die kredietopnemer geregtig op ‘n volopbetaalde begrafnispolis.  Dit sal hom/haar by dood van dieselfde voordele voorsien as wat ingevolge hierdie skema op hom/haar van toepassing sou gewees het.  Dit geld nie vir ‘n kredietopnemer met minder as een jaar se lidmaatskap nie.  Tensy ongeskiktheid deur ‘n ongeluk veroorsaak word

15. ALGEMENE VOORWAARDES VAN BEGRAFNISVERSEKERING

15.1 ‘n Kredietopnemer kan een keer per jaar sy voordeel aanpas deur skriftelik enige van die beskikbare voordeelopsies te kies. Die volgende voorwaardes en bepalings sal van toepassing wees;

i) die Kredietopnemer moet jonger as 60 jaar wees op die datum waarop die voordeelopsie verandering effektief word.

ii) die nuwe kategorievoordeel sal ses maande na die datum van verandering effektief wees. Indien die kredietopnemer egter gedurende hierdie ses maande periode as gevolg van ‘n ongeluk te sterwe kom, sal die Versekeraar volgens die nuwe voordeelopsie uitbetaal.
III) die kredietopnemer sal slegs vir ‘n groter voordeelopsie gedek word indien sy/haar persoonlike mediese verklaring deur die Versekeraar aanvaar word.

16. Die premies is maandeliks betaalbaar en sal deur die kredietgewer aan METROPOLITAN LEWENS oorbetaal word.

Ek het die reëls en voorwaardes van bogenoemde groepskema gelees, verstaan en aanvaar dit.

 

Ek kies Gesins Begrafnis Polis OF Begrafnis polis vir Enkellopende

 

Ek kies opsie waarvan die maandelikse premie R bedrae.

 

Handtekening Kredietopnemer Handtekening Meegaande Kredietopnemer
(vul asb naam in) (vul asb naam in)

 

17. KREDIETGEWER DIREKTEURE

Dit word op rekord geplaas dat ‘n volledige lys van die kredietgewer se direkteure op die kredietgewer se webwerf beskikbaar is vir insae.

 

KREDIETOPNEMER VERKLARING
Dui asb die toepaslike antwoord aan deur JA of NEE te merk.
JA
NEE
1. Is u ‘n ongeëmansipeerde minderjarige ?
2. Is / was u al as geestesongesteld verklaar deur ‘n Hoë Hof van Suid Afrika ?
3 .  Is u insolvent of is daar huidiglik sprake dat u boedel onder voorlopige sekwestrasie geplaas gaan word ?
4 . Is u huidiglik onder kredietbestuur of het u voorheen aansoek gedoen vir kredietbestuur?
5 . Het u ‘n herskikkingsooreenkoms met enige kredietverskaffer weens enige skuldberading gesluit?
6 . Het u tans ‘n dispuut met ‘n Kredietburo ?
7 . Is u huidiglik onder administrasie in terme van artikel 74(1) van die wet op Landroshowe ?

(a) Die kredietopnemer verklaar hiermee dat die inligting in hierdie dokument vervat, waar en korrek is en voorts dat sy/haar aandag gevestig is op die
bepalings van artikel 89(3) van die wet.
(b) Die kredietopnemer bevestig dat hy/sy aansoek doen om ‘n kredietfasiliteit en voorts dat die implikasies, gevolge en risiko’s verbonde aan krediet aan
hom/haar verduidelik is en dat hy/sy dit so begryp en verstaan.
(c) Die kredietopnemer bevestig dat Koopkrag Beperk hom/haar krediet mag weier in terme van artikel 60(2) van die wet.
(d) Die kredietopnemer magtig die kredietgewer om ‘n kredietsoek (ITC soek) ten aansien van die kredietopnemer se finansiële posisie te doen
alternatiewelik om enige inligting rakende die kredietopnemer se kredietgeskiedenis in te win.
(e) Die kredietopnemer bevestig dat by aanvaarding van die kwotasie, die kredietopnemer die terme en voorwaardes van die kredietgewer aanvaar soos
uiteengesit in hierdie dokument en voorts dat sodanige terme en voorwaardes bindend op die kredietopnemer sal wees.
(f) Die kredietopnemer bevestig dat by aanvaarding van die kwotasie, hierdie dokument die kredietooreenkoms belligaam en voorts dat die
kredietopnemer se kredietfasiliteit deur hierdie ooreenkoms gereguleer sal word.
(g) Die kredietopnemer bevestig dat hierdie die gehele ooreenkoms belliggaam en voorts dat geen addendums tot hierdie ooreenkoms onderteken is,
uitgesluit die Kredietstaat en Kwotasie.

Geteken te
hierdie
dag van
Handtekening Kredietopnemer Handtekening Meegaande Kredietopnemer
(vul asb naam in)
(vul asb naam in)
Handtekening Getuie / Voorsteller
Lidnommer Voorsteller
(vul asb naam in)
(vul asb naam in)
Naam van Koopkrag Bemarker
 

 

 

 


 

© Koopkrag ..........................................................................................Webwerf Ontwerp deur o5webdesign