Vrae & Antwoorde

 

  • Is Groepsversekering en Begrafnisversekering verpligtend?
    NEE - maar 1 eenheid word aanbeveel. Sou die lid tot sterwe kom word die opbrengs op u KOOPKRAG rekening inbetaal en enige krediete word uitbetaal aan die boedel.
  • Wat is die bonus jaar?
    September (vorige jaar) tot Augustus (huidige jaar). U Desember rekening (huidige jaar) word met die bonusbedrag gekrediteer.
     
  • Verdien ek ook 'n bonus op brandstof?
    NEE - u betaal 'n 1.83% hanteringsfooi. Dit bly steeds geriefliker en goedkoper om u KOOPKRAG kaart in plaas van kontant vir branstofaankope te gebruik.
     
  • Is KOOPKRAG net in Pretoria?
    KOOPKRAG is landwyd - verwys gerus na die leweransiersgids vir 'n lys van leweransiers in u omgewing.
     
  • Is die Waarborgfonds verpligtend?
    JA - dit is soortgelyk aan 'n spaarrekening en word op u rekening gekrediteer indien u rekening gekanselleer word of indien u as KOOPKRAG lid bedank. U verdien ook rente op u waarborgfondsrekening teen rentekoerse soos van tyd tot tyd deur Koopkrag Beperk bepaal.
     
  • Bly die bonus persentasies onveranderd?
    Die persentasie waarteen die bonus bereken word, word jaarliks hersien na oorweging van die maatskappy se resultate.
     
  • Hoe word my maandelikse aankooplimiet bepaal?
    U bepaal self 'n limiet volgens u behoefte onderhewig aan die goedkeuring van KOOPKRAG.
     
  • Kan my aankooplimiet verhoog word?
    U kan telefonies aansoek doen vir 'n tydelike of permanente verhoging van u maandelikse aankooplimiet.
     
  • Wat gebeur as ek my maandelikse aankooplimiet oorskry?
    U aankope kan geweier word en 'n administrasiefooi word gehef. Oorskryding kan voorkom word deur vroegtydig te reël vir 'n tydelike of permanente verhoging van u aankooplimiet.
     
  • Wie kontak ek in geval van 'n Santam eis?
    Santam Eise Sentrum (Diefstal of ongeluk) by Tel: 0860 122 331.
     
  • Wie kontak ek indien ek enige poliswysigings wil aanbring?
    Santam Telesentrum by Tel: 0860 102 722
     

© Koopkrag ..........................................................................................Webwerf ontwerp deur o5webdesign