
Koopkrag Beperk se waarborgfonds van verbruikerslede is die uitsluitlike eiendom van Koopkraglede en hierdie Fonds is ook onderverdeel sodat elke verbruikerslid se aandeel daarin voortdurend vasgestel is. Rente word jaarliks bereken teen 'n rentekoers soos deur Koopkrag Beperk bepaal en op rekeninge gekrediteer aan die einde van Koopkrag Beperk se finansiƫle jaar.
Die krediet van elke verbruikerslid se waarborgfondsrekening word saamgestel uit alle bedrae wat deur verbruikerslede maandeliks tot die waarborgfonds bygedra word.
In geval van beëindiging van verbruikerslidmaatskap sal 'n verbruikerslid geregtig wees op die uitbetaling van sy/haar pro-rata aandeel in die waarborgfonds, bereken aan die einde van die boekjaar waarin lidmaatskap beĆ«indig is met dien verstande dat die bedrag nie opeisbaar word binne een jaar na die einde van die betrokke jaar nie en dat teen sodanige eis verreken moet word alle bedrae deur die verbruikerslid aan Koopkrag Beperk in sy hoedanigheid as agent vir die verbruikerslede of in eie hoedanigheid verskuldig mag wees.
Ek magtig Kooprag Beperk om 'n minimum bedrag van R20.00 per maand tot my Koopkragrekening toe te voeg, welke bedrag maandeliks as krediet in die waarborgfonds van my as verbruikerslid van Koopkrag Beperk geplaas word.
Hierdie maandelikse bydrae sal gedoen word tot tyd en wyl die krediet in die waarborgfonds van verbruikerslede gelykstaande is aan tweekeer die aankooplimiet wat deur Kooprag Beperk aan die verbruikerslid toegestaan is.
Ek stem toe dat Koopkrag Beperk geregtig sal wees om van die eerste betaling deur my gedoen in enige maand die vermelde bedrag as my bydrae tot die waarborgfonds te neem.
© Koopkrag ..........................................................................................Webwerf ontwerp deur o5webdesign